TUISBLAD

Mobirise Website Builder
VERSKRIKLIKE VERDORWENHEID VAN DIE LAASTE DAE.

2 Timóteüs 3:1-9

“Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af. Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word, wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie. En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof. Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook dié van daardie manne geword het.”

Wanneer 'n mens die gedeelte hierbo in die Bybel lees en dan kyk na dit wat in die media uitgebeeld word, van wat in die wêreld aangaan en kyk wat in ons eie stede en dorpe gebeur, asook na die optrede van die mense om ons, dan kom mens agter daar is nie meer liefde nie, behalwe as ons geld of publisiteit kan verkry deur ‘n sogenaamde goeie daad van liefde sodat ons deur mense raakgesien en geprys kan word, of sodat ons die sogenaamde goeie daad van liefde aan ander kan verkondig om ons eie-ek te voed.  ‘n Mens se lewe is deesdae minder werd as ‘n selfoon, pasgebore babatjies word in rioolpype, asblikke of stortings terreine gegooi, ou mense, wat hulle nie regtig meer self kan verdedig nie, word deur lafhartige gewapende bendes van ses of meer aangeval, erg aangerand, verkrag of vermoor. Geld het die mense se god geword en hulle bankrekening en kreditkaarte is hulle bybel. My beskeie mening is dat ons leef nou in die laaste dae, die groot verdrukking is baie baie naby.

Ons wat Jesus aangeneem het as Verlosser en Saligmaker en sodoende gered is, is opgewonde wanneer ons hierdie tekens sien, want ons weet ons Verlosser Jesus Christus se wederkoms is naby en ons sal dan tot in EWIGHEID by Hom wees, maar ons is ook  hartseer vir die baie mense wat nog in sonde lewe en nog nie Jesus aangeneem het as hulle Verlosser en Saligmaker nie.  Hierdie arme mense is velore en die dag wanneer Jesus op die wolke kom om sy kinders te kom haal, sal hierdie arme verlore mense in die poel van vuur gewerp word, wat vir satan en sy dissipels voorberei is, hulle sal tot in EWIGHEID in die poel van vuur brand.

DIT IS JOU KEUSE.

Ewig by Jesus waar geen swaarkry, dood, siekte of trane meer sal wees nie

OF

Ewig in die poel van vuur waar jy nie sal sterf nie, net in die vuur brand tot in EWIGHEID, en DAAR SAL ‘n geween en gekners van tande wees.

EK SMEEK JOU, MAAK ASSEBLIEF DIE REGTE KEUSE, EN DOEN DIT GOU,

DIE UURGLAS IS BESIG OM LEEG TE LOOP,

JESUS CHRISTUS SE WEDERKOMS IS BAIE NABY !

Mobirise Website Builder
PASOP, MY VRIEND, MOET TOG NIE WAG TOT DIT TE LAAT IS NIE, SOOS DIE RYK MAN WAARVAN ONS LEES IN LUKAS 16:19-31:-

“En daar was ‘n ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe. En daar was ‘n bedelaar met die naam van Lasarus wat vol swere voor sy poort gelê het. En hy het verlang om hom te versadig met die krummels wat van die ryk man se tafel val. Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek. En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham. En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem. En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam. Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte. En by dit alles is daar tussen ons en julle ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie. En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur—want ek het vyf broers—om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie. Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister. Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer. Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.”

Jy weet, elke keer wanneer ek die stuk hierbo lees, word ek so hartseer, ek voel om in trane uit te bars, om te dink hierdie ryk man is besig om smart en pyn te verduur in die vlam, maar hy kyk steeds neer op Lasarus en sien Lasarus as sy slaaf, hy vra Abraham om Lasarus te stuur om sy tong te verkoel met water en Abraham moet vir Lasarus stuur om sy vyf broers te gaan waarsku.
Dit is so teleurstellend, maar my vriend kom ons wees maar eerlik met mekaar, dit is wat gebeur wanneer mense se wêreldse goed en rykdom hulle ‘n valse sin van sekuriteit gee, ‘n groot ego en in hulle eie oë sien hulle hulself as vreeslik belangrik, toegegee nie almal van hulle nie, maar die groot meerderheid. 

MOET NIE 'N SONDAG HEILIGE EN RES VAN DIE WEEK SODAAR WEES NIE.

Dit behoort nie 'n verleentheid te wees om aan mense te erken dat jy 'n Wedergebore Christen is nie, 'n ware Wedergebore Christen is trots op sy Christenskap en hy word gedryf deur die Gees om die Woord van God met blydskap en opgewondenheid aan die wêreld te verkondig.

ONTHOU ALTYD JESUS SE WOORDE IN DIE BYBEL, MATTHEUS 10:32-33:

"Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor My Vader wat in die hemele is. Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek verloën voor My Vader wat in die hemele is." 

IETS OM OOR NA TE DINK:

● Vir sekere mense is godsdiens, om in die kerk te sit en aan branderplank ry te dink… maar vir sekere mense is dit ‘n verhouding met GOD, hierdie mense dink aan GOD wanneer hulle branderplank ry.

● Jy kan nooit dieselfde fout twee keer maak nie… want die tweede keer is dit nie ‘n fout nie, dan is dit ‘n keuse.

● Elkeen wat jy ontmoet is besig met ‘n stryd waarvan jy niks weet nie… probeer om altyd vriendelik en bedagsaam te wees teenoor mense wat jy ontmoet.

how to develop your own website
ADRES

Lichtenburg 2740
Noordwes Provinsie
Suid Afrika

ADDRESS

Lichtenburg 2740
North West Province
South Africa

SKAKELS | LINKS
KONTAK MY | CONTACT ME

Email: grove.joubert.ltx@gmail.com



               |   SITEMAP   |